Superkids Sports Club Superkids Sports Club. Celebrating 20 years


Nuus
Social

Inligting oor Superkids



Hendrik Ras

Hendrik Ras

Hendrik Ras is die eienaar bestuurder van Super Kids Sport Klub. Die Akademie is in 1997 begin toe sy droom 'n realiteit geword het. Die besigheid het van toe af geweldig ontwikkel. Hendrik het in 1993 by Sand du Plessis Hoërskool gematrikuleer. Hy is vir Vrystaat O/15 Krieketspan gekies en het in 1993 Craven-week vir Vrystaat gespeel. Hy het ook vir Vrystaat O/21 en Vrystaat B Span gespeel. Daarna het hy vir Pumas in die Currie Beker verteenwoordig en 11 jaar 1ste Divisie Rugby gespeel.

Kom wees deel van ons sportprogram wat 'n nuwe dimensie gee aan die ontwikkeling van jou kind op 'n fisieke sowel as 'n sielkundige vlak. Super Kids konsentreer al 16 jaar daarop om die talente en vaardighede van kinders tussen 2½ en 18 jaar te ontwikkel. Hierdie metode is gemik na die Australiese metode om hulle jeug te ontwikkel tot uitmuntende sportprestasie deur sport akademies. Daar is 'n behoefte dat kinders van alle rasse en kulture hierdeur baat vind. Meer as 4 000 kinders van 48 skole vind hierdie program voordelig.

Ons het reuse sukses behaal deur sport talent vroeg te identifiseer en ontwikkel. Dit is krities dat ons 'n regmatige plek kry as een van die top sportlande ter wêreld. Ons word ondersteun deur afrigters soos Andrè Abrahams, Warren Nel en Cecil van Rooyen wat hulself bewys het op provinsiale vlak.

 

Superkids in Pretoria

Superkids ontwikkel al baie jare Bloemfontein se jong sport talent. Dieselfde ontwikkeling is nou ook in Pretoria beskikbaar.




Superkids Sports Club